Tristia
1962
Toe hierdie bundel verskyn, was dit in die literature van Afrikaans en Nederlands 'n ongelooflike gebeurtenis. Dis as sodanig ontvang en bekroon; nog lank nie vir akademiese studie uitgeput nie.
"En lieflike dinge bly lieflik".
"Middeleeus, puur intellek".
Dis stellig die eksperimentsteelste digbundel in Afrikaans. Die "verbeelde glas" van Tristia is kaleidoskopies, met skerfies vers soos "die somer is 'n dag oud" en verskriklike politieke sowel as kosmiese ontginnings. Die taal as kunsmedium word gerek en gewring. Suiwer is niemand - of alles.
Daar is ook die eenvoud, die "koel gedagte":
Jy't weggegaan en jy bewoon
'n silwer herberg in die sneeu
jou venster kyk nog elke nag
met drie blink oë na die plein
die plein is boom en wind en boom
en wind en wind
en wintermiddag voer daar iemand
die meeue krummels teen die wind.