Hier is 'n verkorte biografie. Dis deur Loukie Adlem saamgestel.
Nicolaas Petrus van Wyk Louw is op 11 Junie 1906 op Sutherland in die Karoo gebore . Hy was die tweede van vier broers, van wie die jongste W.E.G Louw was, later in eie reg 'n bekende digter..
Van Wyk Louw het die South African College (SACS) bygewoon en later 'n M.A. in Duits en Filosofie by die Universiteit van Kaapstad behaal. Vir 'n kort tydperk gee hy skool op Steynsburg in Duits en bietjie Engels.
Op 23 word Louw 'n lektor by die Universiteit van Kaapstad se departement opvoedkunde. 'n Jaar later trou hy met Joan Wessels. Die huwelik duur agt jaar; hulle het twee kinders, Ria en Anna (Nakkie).
Hy is later met Truida Pohl getroud en hulle het ook twee kinders: Reinet en Peter.
In 1948 ontvang hy 'n eredoktorsgraad van die Universiteit van Utrecht. In 1949 word hy aangestel as professor in Afrkaans by die Gemeentelijke Universteit in Amsterdam. Sy studente daar sluit baie belangrike akademici in: Elize Botha (Lindes), Rialette Wiehahn, en ander.
In 1958 keer hy terug na Suid-Afrika om die leisels oor te neem v an die Departement Afrikaans en Nederlands by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits). Hy was daar baie gelukkig en het daar bly werk tot met sy dood op 18 Junie 1970.
Van Wyk Louw het verskeie erkennigs ontvang, o.a. die Hertzogprys. Hy het die weg gebaan vir die eksperimentele en vernuwende werk van die sg Sestigers.
Op 27 September 2005 ken President Mbeki die Orde van Ikhamanga in Goud aan hom toe vir uitnemende bydraes tot die literatuur en die bepleit van die taalregte van inheemse tale.
Van Wyk Louw, 'n Lewensverhaal, 'n omvattende biografie in twee bande, deur JC Steyn, verskyn in 1998.
Die volgende artikel is in 2006 in LitNet gepubliseer.