Studie- en ander tekste oor Van Wyk Louw se werk
|
Hierdie praatjie is gelewer aan die gesamentlike leeskringlede van Pretoria in die kerksaal van die NG Kerk, Lynnwoodrif, in 2010.
Ek het my doktorale proefskrif oor Van Wyk Louw se "Groot ode" geskryf. Die graad is in 1982 deur die Randse Afrikaanse Universiteit aan my toegeken. Die proefskrif se titel is Die bydrae van stilistiese benaderings tot literêre teksanalise, met toetsing aan "Groot ode" van NP van Wyk Louw. Die promotor was prof FIJ van Rensburg.