NP van Wyk Louw
  • Tuis
    • Biografies
    • Bones download
  • Poësie
    • Alleenspraak
    • Die halwe kring
    • Gestaltes en diere
    • Nuwe verse
    • Tristia
    • Versamelde gedigte
    • Verborge vuur
    • Raka
  • Prosa
    • Berigte te Velde
    • Lojale verset
    • Liberale nasionalisme
  • Dramas
    • Germanicus
    • Die held
    • Die pluimsaad waai ver
    • Asterion
    • Blomme vir die winter
    • Lewenslyn
    • Die Dieper Reg
    • Dias : 'n hoorspel
    • Dagboek van 'n soldaat
    • Berei in die Woestyn : 'n sinne- en wa-spel
  • Studies oor Van Wyk Louw
    • Hulde
  • Skakel met ons
Picture

Toe God die aarde,
 die silwer bal,
 in vreugde en  spel
 uit sy hand laat  val,
 was ek die  baaierd
 waarin dit  weeg,
 die  vormlose,
 en woes en leeg.
 
Toe ’n stil vroeë water
 – voor vis of net  –
 tot die eerste wit kiem
 geëtter het,
 was ek die donker
 wat onder skuil:
 die koue grond  en
 swart klip van die kuil.

"Inferno", uit Nuwe verse
​

Hierdie webwerf is opgedra aan NP van Wyk Louw die digter, dramaturg, denker en literêre teoretikus. Dit was 'n voorreg en vreugde om hom te ken en onder hom te studeer. Hy regverdig ongetwyfeld 'n eie webwerf, wat hopelik vir baie lesers, studente, skrywers en ander belangstellendes waardevol sal wees. Weë sal aangedui word om sy werk te vind wat in druk bestaan, asook die elektroniese weergawes wat onderweg is by sy uitgewers.
        Biografiese en bibliografiese besonderhede vat min vas van die digter van soveel wonderlike, magiese verse.
Van Wyk Louw se gedigte word in die Versamelde gedigte byeengebring, waarvan die eerste uitgawe in 1981 verskyn. Dis 'n gesamentlike publikasie van Human en Rousseau en Tafelberg Uitgewers. Die poësie wat in dramas voorkom, word o.a. in sy seun Peter Louw se bloemlesing Verborge vuur aangedui. Peter het ook 'n webwerf, wat besoek kan word by:
    http://npvanwyklouw.wordpress.com/    
Die hoop is dat hierdie werf mettergang uitgebou word om as "portaal" te dien tot alle aspekte van Van Wyk Louw se werk en ook bedrywighede rondom sy poësie.
    Daar is bepaald ruimte vir 'n Van Wyk Louw-vereniging.