Gestaltes en diere
|
In hierdie derde bundel van die digter NP van Wyk Luw is 'n hoogtepunt die lang en verskriklike gedig "Die swart luiperd". Dit word deur WAP Smit as die beste van Louw se gedigte beskou. Die sonnettereeks "Drie diere" lewer van die afgrondelikste gedigte in die twintihste eeu. Dit kan dui op die verskillende magsowerhede, met Nazi Duitsland voor in die geselskap.
Die gestaltegedig kan beskou word as a genre in die poësie, wat o.a. teenoor die belydenis kom staan. Sulke simplistiese etikette beteken nis veel nie, maar die belydenis (soms in Engels vertaal as "confessional poetry, met o.a. Robert Lowell as verteenwoordigende digter word 'n moontlike uiting deur die outeur in dié se lewensomstandighede. Van Wyk Louw se eerste bundel, Alleenspraak, het baie meer gedigte met 'n verdraagsaamheid om "belydenis-matig" gelees te word. Daarteenoor is daar in Gestaltes en diere soos ook in later bundels, verse met 'n ander figuur as die digter aan die word. |